Eduard VI van Engeland

Eduard VI
Koning van Engeland en Ierland
Portret deur William Scrots, omstreeks 1550
Portret deur William Scrots, omstreeks 1550
Huis Tudor
Regeer 28 Januarie 15476 Julie 1553
Voorganger Hendrik VIII
Regent Edward Seymour, 1ste Hertog van Somerset (1547–1549)
John Dudley, 1ste Hertog van Northumberland (1549–1553)
Opvolger Jane (betwis)
Maria I
Gebore 12 Oktober 1537; Hampton Court-paleis
Oorlede 6 Julie 1553; Greenwich-paleis
Vader Hendrik VIII
Moeder Jane Seymour

Eduard VI (Engels: Edward VI; 12 Oktober 1537 - 6 Julie 1553) is op 28 Januarie 1547 gekroon as koning van Engeland en Ierland toe hy nege jaar oud was. Hy was die seun van Hendrik VIII en Jane Seymour, die derde monarg van die Huis van Tudor en Engeland se eerste Protestantse heerser. Tydens sy bewind is Engeland deur regente regeer, want hy is op 15-jarige ouderdom oorlede.

Eduard se bewind is gekenmerk deur ekonomiese probleme, die militêre onttrekking aan Skotland en sosiale onrus wat in 1549 gelei tot opstande en rebellies. Die Anglikaanse Kerk het in sy tyd ’n herkenbare Protestantse liggaam geword. Eduard het sy niggie lady Jane Grey as sy erfgenaam aangewys en sy twee halfsusters, die Katolieke Maria I en die Protestantse Elizabeth I, uitgesluit van die troonopvolging. Dié keuse was ongewild en Jane is ná net nege dae van die troon afgesit en Maria is aangewys as koningin.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search